2 SAMUEL 3:9
2 SAMUEL 3:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Dawid belowe dat hy koning sal word oor Israel en Juda, koning oor die hele land, van die stad Dan tot by die stad Berseba. God sal my straf as ek nie nou sal help om dit te laat gebeur nie. Dan sal daar nie meer 'n koning uit die familie van Saul wees nie.”
2 SAMUEL 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik, soos die HERE Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen
2 SAMUEL 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mag God my om die lewe bring as ek nie nou vir Dawid gaan help om te doen wat die Here hom met 'n eed beloof het nie
2 SAMUEL 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag God my, Abner, swaar straf as ek nie vir Dawid presies doen wat die HERE hom met 'n eed beloof het nie
2 SAMUEL 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So doen God met Abner en meer ook, behalwe soos die HERE aan Dawid met 'n eed beloof het, so doen Ek aan hom
2 SAMUEL 3:9-10 Die Boodskap (DB)
God kan my maar baie swaar straf as ek nie doen wat ek nou vir jou gaan sê nie: Ék sal sorg dat die koningskap van Saul se familie af weggevat en aan Dawid gegee word soos die Here hom belowe het. Dan sal hy koning wees oor die hele Israel en Juda, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide.”