2 SAMUEL 3:36
2 SAMUEL 3:36 Bybel vir almal (ABA)
Al die manne het dit gehoor, en hulle het gedink dit is reg. Alles wat die koning gedoen het, was altyd reg vir al die mense.
2 SAMUEL 3:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.
2 SAMUEL 3:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal het opgemerk dat hy nie eet nie en hulle het dit goedgevind. Hulle was tevrede met alles wat die koning gedoen het.
2 SAMUEL 3:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die manskappe het daarvan kennis geneem en dit goedgevind. Alles wat die koning gedoen het, het al die manskappe se goedkeuring weggedra.
2 SAMUEL 3:36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die hele volk het dit opgemerk, en dit het hulle behaag, soos alles wat die koning gedoen het, die hele volk behaag het.