2 SAMUEL 3:28
2 SAMUEL 3:28 Bybel vir almal (ABA)
Toe Dawid dit later hoor, het hy gesê: “Die Here sal altyd weet dat ek en my familie onskuldig is, ons het nie vir Abner seun van Ner vermoor nie.
2 SAMUEL 3:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die HERE vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.
2 SAMUEL 3:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het dit agterna eers verneem en gesê: “Ek is vir altyd voor die Here onskuldig aan die moord op Abner seun van Ner, ek en my koningshuis.
2 SAMUEL 3:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Dawid agterna daarvan hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is by die HERE vir altyd onskuldig aan die bloed van Abner, seun van Ner.
2 SAMUEL 3:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is vir ewig ongestraf voor die aangesig van die HERE van die bloed van Abner, die seun van Ner.