Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

2 SAMUEL 2:2 – Vergelyk alle weergawes

2 SAMUEL 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dawid het toe gegaan, vergesel van sy twee vrouens, Aginoam van Jisreël, en Abigajil die weduwee van Nabal die Karmeliet.

2 SAMUEL 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.

2 SAMUEL 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dawid en sy vroue, Aginoam uit Jisreël en Abigajil die weduwee van Nabal uit Karmel, het daarnatoe gegaan

2 SAMUEL 2:2 DB (Die Boodskap)

Dawid het toe in Hebron gaan bly saam met sy twee vroue, Aginoam uit Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal uit Karmel.

2 SAMUEL 2:2 ABA (Bybel vir almal)

Dawid het toe na Hebron gegaan, en ook sy twee vroue, Aginoam van die stad Jisreël en Abigajil van die stad Karmel. Abigajil was Nabal se weduwee.

2 SAMUEL 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dawid en ook sy twee vroue, Aginoam van Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel, het daarheen opgetrek.

2 SAMUEL 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dawid het toe daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahinoam, die Jisreëlitiese, en Abigail, Nabal se vrou, die Karmeliet.