2 SAMUEL 16:10
2 SAMUEL 16:10 Bybel vir almal (ABA)
Maar die koning het gesê: “Seuns van Seruja, ek en julle kan niks doen wanneer hy my vervloek nie. Dit is die Here wat vir hom gesê het hy moet vir Dawid vervloek. Niemand kan nou vir hom vra hoekom hy dit doen nie.”
2 SAMUEL 16:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja? As hy vloek, en as die HERE aan hom gesê het: Vloek Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so?
2 SAMUEL 16:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Seun van Seruja, dit het niks met my of met jou te doen nie,” was die koning se antwoord. “Hy vloek so omdat die Here hom beveel het om vir Dawid te vloek! Niemand moet nou vra waarom hy dit doen nie.”
2 SAMUEL 16:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die koning het geantwoord: “Hoe moet ek julle verstaan, seuns van Seruja? Hy skel so omdat die HERE vir hom gesê het, ‘Skel Dawid uit!’ Wie kan dan sê, ‘Waarom maak jy so?’ ”
2 SAMUEL 16:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die koning: Wat het ek met julle te doen, seuns van Seruja? laat hom dan vloek, want die HERE het vir hom gesê: Vloek Dawid! Wie sal dan sê: Waarom het jy so gedoen?