2 SAMUEL 13:23 - Compare All Versions

2 SAMUEL 13:23 ABA (Bybel vir almal)

Twee jaar later het Absalom mense gekry om sy skape se wol af te skeer by die stad Baäl-Gasor. Die stad het behoort aan die Efraim-stam. Absalom het al die prinse genooi om saam te gaan.

2 SAMUEL 13:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En ná twee volle jare het Absalom skeerders gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi.

2 SAMUEL 13:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Twee jaar later was Absalom besig om sy skape te laat skeer in Baäl-Gasor in Efraim. Hy het al die seuns van die koning uitgenooi.

2 SAMUEL 13:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Twee jaar later was daar skeerders by Absalom in Baäl-Gasor, by Efraim. Absalom het al die koning se seuns genooi.

2 SAMUEL 13:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ná twee volle jare het Absalom skaapskeerders gehad in Baäl-Hazor wat langs Efraim is, en Absalom het al die koning se seuns genooi.

2 SAMUEL 13:23 DB (Die Boodskap)

Twee jaar later was die skeerders besig om Absalom se skape te skeer by Baäl-Gasor, naby die dorp Efraim. Hy wou al die koning se seuns daarheen nooi

2 SAMUEL 13:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Twee jaar later was Absalom besig om sy skape in Baäl-Gasor naby Efraim te laat skeer. Hy het al die seuns van die koning soontoe uitgenooi.