2 SAMUEL 12:5-6
2 SAMUEL 12:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het baie kwaad geword vir die ryk man. Hy het vir Natan gesê: “So seker soos die Here lewe, die man wat dit gedoen het, moet sterf. Hy het een ooitjie van die arm man gevat, maar hy moet vier ooitjies teruggee omdat hy hierdie verkeerde ding gedoen het, en omdat hy nie jammer was vir die arm man nie.”
2 SAMUEL 12:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe! En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.
2 SAMUEL 12:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het hom bloedig vererg oor die man en vir Natan gesê: “So seker as die Here leef, 'n man wat dit oor sy hart kon kry om so iets te doen, moet doodgemaak word, en hy moet viervoudig vir die ooilam vergoed.”
2 SAMUEL 12:5-6 Die Boodskap (DB)
Dawid was briesend kwaad vir die man wat so iets kon doen. Hy sê vir Natan: “So waar as die Here leef, die man wat dít gedoen het, moet die doodstraf kry! En daar moet vier van sy lammers gegee word in die plek van daardie een ooilam. Hoe kon die man so iets doen en nie eers jammer voel vir die arm man nie!”