2 SAMUEL 1:4
2 SAMUEL 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Toe vra Dawid vir hom: “Wat het gebeur, vertel asseblief vir my.” Die man het gesê: “Die manne het gevlug uit die oorlog, en baie manne het gesterf. Saul en sy seun Jonatan is ook dood.”
2 SAMUEL 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.
2 SAMUEL 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wat is aan die gang? Vertel my!” het Dawid aangedring. Hy het toe vertel dat die leër uit die geveg weggevlug het, dat 'n groot deel van die leër gesneuwel het, en dat Saul en sy seun Jonatan ook dood is.
2 SAMUEL 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid sê vir hom: “Wat het gebeur? Vertel my, asseblief!” Hy sê toe dat die manskappe uit die geveg gevlug het, dat ook baie van die manskappe geval en gesterf het, en dat selfs Saul en sy seun Jonatan dood is.
2 SAMUEL 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Dawid vir hom: Hoe het dit gegaan? Ek smeek jou, vertel my. En hy antwoord: Dat die volk uit die geveg gevlug het, en ook baie van die volk het geval en gesterf; en Saul en sy seun Jonatan is ook dood.