2 SAMUEL 1:21
2 SAMUEL 1:21 Die Boodskap (DB)
Gilboaberg, jou vervloekte plek! Ek wens dit dou nooit op jou nie, ek hoop dit reën nooit op jou hoë weiveld nie. Op jóú lê daar ’n held se skild in die grond getrap. Dis Saul se skild vol bloed. Niemand sal dit ooit weer by die huis met olie smeer nie.
2 SAMUEL 1:21 Bybel vir almal (ABA)
Berge van Gilboa, daar moenie meer dou of reën op julle val nie, daar moenie koring of vrugte wees om te offer nie. Want daar op julle het die skilde vuil geword van die grond, die skilde van die mense wat oorlog moes maak, en daar het die skild van Saul bly lê, niemand het olyf-olie daarop gesmeer nie.
2 SAMUEL 1:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.