2 SAMUEL 1:13
2 SAMUEL 1:13 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het vir die jongman wat dit vir hom kom vertel het, gevra: “Van waar kom jy?” Hy het gesê: “Ek is die seun van 'n vreemdeling, 'n Amalekiet.”
2 SAMUEL 1:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.
2 SAMUEL 1:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het toe vir die jongman wat hom die berig gebring het, gevra: “Van waar is jy nou weer?” Hy het geantwoord: “Ek is nie 'n landsburger nie. Ek is 'n Amalekiet.”
2 SAMUEL 1:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid het vir die jong man wat die berig vir hom gebring het, gevra: “Waar is jy vandaan?” Hy het gesê: “Ek is die seun van 'n •vreemdeling, 'n Amalekiet.”
2 SAMUEL 1:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Dawid aan die jongman wat hom vertel het: Waar is jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemdeling, 'n Amalekiet.