2 KONINGS 6:32
2 KONINGS 6:32 Bybel vir almal (ABA)
Elisa was in sy huis, en die leiers het by hom gesit. Maar voordat die man wat die koning gestuur het, daar gekom het, het Elisa vir die leiers gesê: “Weet julle dat hierdie moordenaar, die koning van Israel, iemand gestuur het om my kop af te kap? Julle moet kyk, en wanneer die persoon kom, dan moet julle die deur sluit en hom buite hou. Ek hoor sy koning kom saam met hom.”
2 KONINGS 6:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl Elísa in sy huis sit en die oudstes by hom sit, het die koning 'n man voor hom uit gestuur; maar voordat die boodskapper by hom kom, sê hy aan die oudstes: Het julle gesien dat hierdie moordenaarskind stuur om my hoof af te slaan? Let op! Sodra die boodskapper kom, sluit dan die deur toe en druk hom met die deur weg. Is die geruis van sy heer se voetstappe nie agter hom nie?
2 KONINGS 6:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elisa het in sy huis gesit saam met die leiers. Die koning het iemand met 'n opdrag gestuur, maar voordat die boodskapper nog by Elisa aangekom het, het hy al vir die leiers gesê: “Weet julle, hierdie moordenaarskind het iemand gestuur om my kop af te kap. Hou dop wanneer die boodskapper kom. Sluit dan die deur en hou hom buite. Sy koning kom agter hom aan.”
2 KONINGS 6:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl Elisa in sy huis sit, en die oudstes daar by hom sit, het die koning 'n man voor hom uit gestuur. Maar voordat die boodskapper nog by hom aankom, het hy vir die oudstes gesê: “Het julle gemerk dat hierdie moordenaar iemand stuur om my kop af te kap? Wees op die uitkyk. Sluit die deur sodra die boodskapper kom. Druk hom terug met die deur! Is die geluid van sy heer se voetstappe nie agter hom nie?”
2 KONINGS 6:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Elísa het in sy huis gesit, en die oudstes het by hom gesit; en die koning het 'n man voor hom uit gestuur, maar voordat die boodskapper na hom kom, sê hy vir die oudstes: Kyk julle hoe hierdie seun van 'n moordenaar gestuur het om my hoof weg te neem? Kyk, as die boodskapper kom, maak dan die deur toe en hou hom by die deur vas. Is die geluid van sy heer se voete nie agter hom nie?
2 KONINGS 6:32 Die Boodskap (DB)
Elisa het op daardie tydstip saam met ’n groep leiers in sy huis gesit. Die koning het ’n boodskapper na hom gestuur om hom te laat roep. Nog voordat die boodskapper egter by die huis aangekom het, het Elisa vir die mense by hom gesê: “Pas op! Ons koning, die seun van ’n moordenaar, het iemand gestuur om my dood te maak. Sorg dat die deur toe is as hy hier kom sodat hy nie kan inkom nie. Die koning is self te voet hierheen op pad. Ek sal met hom praat.”
2 KONINGS 6:32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elisa het in sy huis gesit en praat met die leiers van Israel. Die koning het ’n boodskapper vooruit gestuur, maar voordat hy daar aankom, sê Elisa vir die leiers: “Kyk, die moordenaarskind het iemand gestuur om my kop af te kap. Wanneer hy hier aankom, moet julle die deur sluit en hom buite hou. Sy koning is kort agter hom.”