2 KONINGS 5:3 - Compare All Versions
2 KONINGS 5:3 ABA (Bybel vir almal)
Die dogtertjie het vir Naäman se vrou gesê: “As Meneer by die profeet Elisa in Samaria kan kom, dan sal die profeet hom gesond maak. Meneer sal dan nie meer melaats wees nie.”
2 KONINGS 5:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samaría is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.
2 KONINGS 5:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.”
2 KONINGS 5:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het vir haar eienares gesê: “As my heer maar net voor die profeet kon verskyn wat in Samaria is, dan sou hy hom van sy velsiekte verlos.”
2 KONINGS 5:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê vir haar meesteres: Sou God, my heer, by die profeet wees wat in Samaria is! want hy sou hom van sy melaatsheid herstel.
2 KONINGS 5:3 DB (Die Boodskap)
Op ’n dag sê die meisie vir Naäman se vrou: “Ek wens Meneer kon by die profeet in Samaria uitkom. Hy sou hom maklik gesond kon maak.”
2 KONINGS 5:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Sy het vir haar meesteres gesê: “As Meneer net na die profeet in Samaria kan gaan, sal hy hom van sy melaatsheid gesond maak.”