2 KONINGS 5:10 - Compare All Versions

2 KONINGS 5:10 ABA (Bybel vir almal)

Elisa stuur toe vir Naäman 'n boodskap en sê: “Gaan was jou sewe maal in die Jordaan-rivier, dan sal jou vel gesond word en jy sal weer rein wees.”

2 KONINGS 5:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe stuur Elísa 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.

2 KONINGS 5:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Elisa het 'n boodskap na hom toe gestuur: “Gaan was jou sewe maal in die Jordaan, dan sal jy gesond word en rein wees.”

2 KONINGS 5:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Elisa het 'n boodskapper na hom gestuur met die woorde: “Gaan was jou sewe keer in die Jordaan, sodat jou liggaam kan herstel, en word so rein.”

2 KONINGS 5:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Elísa het 'n boodskapper na hom gestuur om te sê: Gaan was jou sewe maal in die Jordaan, en jou vlees sal na jou terugkom, en jy sal rein wees.

2 KONINGS 5:10 DB (Die Boodskap)

Toe hulle daar aankom, het Elisa sy assistent uitgestuur met die boodskap: “Gaan was jou sewe keer in die Jordaanrivier. Dan sal die velsere genees en jy sal heeltemal gesond wees.”

2 KONINGS 5:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar Elisa het ’n boodskap aan hom gestuur: “Gaan en was jou sewe keer in die Jordaanrivier. Dan sal jou liggaam herstel en sal jy van die melaatsheid gesond word.”