2 KONINGS 3:7
2 KONINGS 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het aan koning Josafat van Juda die volgende boodskap gestuur: “Die koning van Moab het teen my gerebelleer. Gaan jy hom saam met my aanval?” Josafat het geantwoord: “Ek sal saam met jou opruk. Ek en jy is een. My manskappe is jou manskappe, en my perde is jou perde.”
2 KONINGS 3:7 Bybel vir almal (ABA)
Hy het ook 'n boodskap gestuur na koning Josafat van Juda en gevra: “Die koning van Moab het opstandig geword teen my. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan oorlog maak?” Josafat het geantwoord: “Ek sal saamgaan. Ek sal by jou wees, my manne sal by jou manne wees, en my perde by jou perde.
2 KONINGS 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook het hy Jósafat, die koning van Juda, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek; ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.
2 KONINGS 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het ook gegaan en vir Josafat, koning van Juda, 'n boodskap gestuur: “Die koning van Moab verset hom teen my. Trek jy saam met my teen Moab op vir die geveg?” Hy het geantwoord: “Ek sal optrek. Ek is soos jy; my volk is soos jou volk; my perde soos jou perde.”
2 KONINGS 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het gegaan en na Jósafat, die koning van Juda, gestuur om te sê: Die koning van Moab het teen my in opstand gekom; wil jy saam met my teen Moab trek om te veg? En hy sê: Ek sal optrek: Ek is soos jy, my volk soos jou volk en my perde soos jou perde.
2 KONINGS 3:7 Die Boodskap (DB)
Hy het ook vir Josafat, koning van Juda, ’n boodskap gestuur: “Die koning van Moab het teen my in opstand gekom. Sal jy saam met my teen die Moabiete gaan veg?” Josafat het geantwoord: “Natuurlik gaan ek saam. Ons is bondgenote. Jy kan my soldate en perde by joune tel.”
2 KONINGS 3:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy stuur toe ook die volgende boodskap aan koning Josafat van Juda: “Die koning van Moab het teen my gerebelleer. Sal jy saam met my teen hom veg?” Josafat het geantwoord: “Maar natuurlik! Ek is saam met jou in die saak! My soldate is tot jou beskikking, soos ook my perde.”