2 KONINGS 22:9
2 KONINGS 22:9 Bybel vir almal (ABA)
Safan het teruggegaan na die koning toe en hy het vir hom gaan sê wat gebeur het. Hy het vir die koning gesê: “Die priesters het die geld uitgehaal wat in die tempel is, en hulle het dit gegee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen.
2 KONINGS 22:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE.
2 KONINGS 22:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
en by die koning verslag gaan doen: “U amptenare het die geld wat hiervoor in die tempel beskikbaar was, uitgetel en dit oorhandig aan die mense wat vir die werk aan die huis van die Here moet sorg.”
2 KONINGS 22:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Safan, die sekretaris, by die koning kom, het hy aan die koning verslag gedoen en gesê: “U dienaars het die geld wat in die tempel gevind is, uitgeskud en dit oorhandig aan die werksmense wat aangestel is by die huis van die HERE.”
2 KONINGS 22:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Safan, die skrywer, het na die koning gekom en die koning laat weet en gesê: U dienaars het die geld bymekaargemaak wat in die huis gevind is, en dit oorgegee in die hand van die wat die werk doen wat toesig hou van die huis van die HERE.