2 KONINGS 22:17
2 KONINGS 22:17 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal dit doen omdat hulle weggegaan het van My en omdat hulle wierook gebrand het vir ander gode. Ek het kwaad geword oor al die dinge wat hulle gedoen het. Ek sal hierdie plek straf en Ek sal nie ophou nie.
2 KONINGS 22:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie.
2 KONINGS 22:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
want hulle het My verlaat. Hulle het offers gebring vir ander gode en My uitgetart met allerhande maaksels van hulle eie hande. My toorn ontvlam teen hierdie plek, die vlam sal nie geblus word nie.
2 KONINGS 22:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
omdat hulle My verlaat het, en vir ander gode offers verbrand en My gevolglik uitgetart het met al hulle handewerk. My woede het teen hierdie plek ontvlam en dit sal nie geblus word nie.” ’
2 KONINGS 22:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande; daarom sal my toorn teen hierdie plek ontvlam en nie geblus word nie.