2 KONINGS 22:10
2 KONINGS 22:10 Bybel vir almal (ABA)
Die hoëpriester Gilkija het hierdie boek vir my gegee.” Safan het die boek vir die koning gelees.
2 KONINGS 22:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het my 'n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.
2 KONINGS 22:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die staatsekretaris Safan het ook aan die koning die mededeling gedoen: “Die priester Gilkija het my 'n boek gegee,” en Safan het vir die koning gelees wat daarin staan.
2 KONINGS 22:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe lig Safan, die sekretaris, die koning in: “Hier is 'n boekrol wat Gilkija, die priester, vir my gegee het.” Safan lees dit toe vir die koning.
2 KONINGS 22:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Safan, die skrywer, het die koning te kenne gegee en gesê: Die priester Hilkía het vir my 'n boek gegee. En Safan het dit voor die koning gelees.