2 KONINGS 22:1
2 KONINGS 22:1 Bybel vir almal (ABA)
Josia was ag jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 31 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Jedida dogter van Adaja, van die stad Boskat.
2 KONINGS 22:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JOSÍA was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, 'n dogter van Adája, uit Boskat.
2 KONINGS 22:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josia was ag jaar toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jedida, 'n dogter van Adaja uit Boskat.
2 KONINGS 22:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het, en hy het een-en-dertig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Jedida, dogter van Adaja, uit Boskat.
2 KONINGS 22:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Jedida, die dogter van Adája, uit Boscat.