2 KONINGS 2:3
2 KONINGS 2:3 Bybel vir almal (ABA)
Daar het profete van Bet-El na Elisa toe gekom en hulle het vir hom gesê: “Weet jy dat die Here vandag jou meneer sal wegneem van jou?” Elisa het gesê: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”
2 KONINGS 2:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na Elísa uit en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
2 KONINGS 2:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die profete wat in Bet-El was, het na Elisa toe gegaan en hom gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leermeester van jou af gaan wegvat?” Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Moenie daaroor praat nie.”
2 KONINGS 2:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die profetegroep wat in Bet-El was, het na Elisa uitgegaan en vir hom gevra: “Weet u dat die HERE vandag u heer bo u kop gaan wegneem?” Hy het geantwoord: “Ek weet dit ook. Bly net stil!”
2 KONINGS 2:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die profete-seuns wat in Bet-el was, het na Elisa uitgegaan en vir hom gesê: Weet jy dat die HERE vandag jou heer van jou hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ja, ek weet dit; swyg.