2 KONINGS 2:23-25 - Compare All Versions
2 KONINGS 2:23-25 AFR83 (Afrikaans 1983)
Elisa is daarvandaan op na Bet-El toe. Terwyl hy op pad was daarnatoe, het 'n klomp klein seuntjies uit die stad gekom en hom gespot: “Hoër op, kaalkop! Hoër op, kaalkop!” Hy het omgedraai, hulle aangekyk en hulle vervloek in die Naam van die Here. Twee bere het uit die bos gekom en twee en veertig van die kinders verskeur. Van Bet-El af is Elisa na Karmelberg toe en daarvandaan na Samaria toe.
2 KONINGS 2:23-25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop! Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die HERE; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur. En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom.
2 KONINGS 2:23-25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Elisa het daarna na Bet-El toe opgegaan. Terwyl hy in die pad loop, kom ’n groep klein seuntjies uit die dorp en begin hom spot. “Gaan op, kaalkop!” het hulle uitgeroep. “Gaan op, kaalkop!” Elisa het omgedraai, na hulle gekyk en hulle in die Naam van die HERE vervloek. Toe kom daar twee bere uit die bos en verskeur 42 van hulle. Daarvandaan het Elisa na Karmelberg gegaan, en daarna terug na Samaria toe.
2 KONINGS 2:23-25 DB (Die Boodskap)
Elisa is weg uit Jerigo, na Bet-El toe. ’n Klomp seuntjies het uit die stad gekom en hom gespot. Hulle het geskree: “Gaan op, Bleskop! Gaan op, Bleskop!” Elisa het na hulle gekyk en hulle in die Here se Naam vervloek. Daar het toe twee bere uit die bos gekom en 42 van die seuntjies verskeur. Elisa is van daar af eers na die Karmelberg toe en daarna Samaria toe.
2 KONINGS 2:23-25 ABA (Bybel vir almal)
Elisa het van die stad Jerigo na die stad Bet-El gegaan. Terwyl hy op die pad daarnatoe geloop het, het daar seuntjies uit die stad gekom. Hulle het hom gespot en gesê: “Loop, kaalkop! Loop, kaalkop!” Elisa het omgedraai en hy het vir hulle gesê dat die Here hulle sal straf. En toe kom daar twee beer-wyfies uit die bos en hulle maak 42 van die seuntjies dood. Elisa het van Bet-El na Karmel-berg gegaan en daarna het hy teruggegaan na Samaria.
2 KONINGS 2:23-25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het daarvandaan opgegaan na Bet-El. Terwyl hy padlangs opgaan, het 'n groep klein seuntjies uit die dorp gekom. Hulle het met hom die spot gedryf en vir hom gesê: “Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!” Hy het omgedraai en toe hy hulle sien, het hy hulle vervloek in die naam van die HERE. Twee bere het uit die bos gekom en twee-en-veertig van die kinders verskeur. Daarvandaan het hy na die berg Karmel gegaan, en van daar af het hy teruggekeer na Samaria.
2 KONINGS 2:23-25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het daarvandaan opgegaan na Bet-el, en terwyl hy op pad was, kom daar kindertjies uit die stad uit en bespot hom en sê vir hom: Gaan op, kaalkop! gaan op, kaalkop. En hy het omgedraai en hulle aangekyk en hulle in die Naam van die HERE vervloek. En daar het twee sybere uit die bos te voorskyn gekom en twee-en-veertig kinders van hulle geskaar. En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan, en daarvandaan het hy na Samaria teruggekeer.