2 KONINGS 2:2
2 KONINGS 2:2 Bybel vir almal (ABA)
het Elia vir Elisa gesê: “Jy moet asseblief hier bly, want die Here stuur my na die stad Bet-El.” Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe en jy lewe, ek sal jou nie alleen los nie.” Hulle het toe na die stad Bet-El gegaan.
2 KONINGS 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Elía het vir Elísa gesê: Bly tog hier, want die HERE stuur my na Bet-el. Maar Elísa het gesê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.
2 KONINGS 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Elia het vir Elisa gesê: “Bly hier, want die Here stuur my na Bet-El toe.” Elisa se antwoord was: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie alleen laat gaan nie.” Hulle is toe na Bet-El toe.