2 KONINGS 19:35
2 KONINGS 19:35 Bybel vir almal (ABA)
Die Engel van die Here het daardie nag gekom en Hy het 185 000 soldate in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe die Assiriërs vroeg die volgende oggend opstaan, lê al die dooie soldate daar.
2 KONINGS 19:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame!
2 KONINGS 19:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie nag het 'n engel van die Here gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar.
2 KONINGS 19:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daardie nag het 'n •engel van die HERE uitgetrek en in die kamp van die Assiriërs honderd vyf-en-tagtigduisend neergevel. Toe die mense van Jerusalem vroeg die oggend opstaan, was hulle morsdood, almal lyke!
2 KONINGS 19:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daardie nag het die engel van die HERE uitgegaan en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg opstaan, was hulle almal dooie lyke.