2 KONINGS 19:15
2 KONINGS 19:15 Bybel vir almal (ABA)
Hiskia het tot die Here gebid en gesê: “Here, God van Israel, u troon is bokant die gerubs. U alleen is God van al die lande op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.
2 KONINGS 19:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hiskía het voor die aangesig van die HERE gebid en gesê: HERE, God van Israel, wat op die gérubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, Ú het die hemel en die aarde gemaak!
2 KONINGS 19:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het hy tot die Here gebid: “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak.
2 KONINGS 19:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiskia het toe voor die HERE gebid en gesê: “HERE, God van Israel wat bo die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.
2 KONINGS 19:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hiskía het voor die aangesig van die HERE gebid en gesê: HERE, God van Israel, wat tussen die gérubs woon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het hemel en aarde gemaak.