2 KONINGS 18:13 - Compare All Versions

2 KONINGS 18:13 ABA (Bybel vir almal)

Koning Sanherib van Assirië het al die sterk stede in die land Juda aangeval en hy het hulle oorwin. Dit was in die veertiende jaar nadat Hiskia koning geword het.

2 KONINGS 18:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.

2 KONINGS 18:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

In die veertiende regeringsjaar van koning Hiskia het koning Sanherib van Assirië al die vestingstede in Juda aangeval en verower.

2 KONINGS 18:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In die veertiende regeringsjaar van koning Hiskia, het Sanherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en hulle verower.

2 KONINGS 18:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sanherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die omheinde stede van Juda en dit ingeneem.

2 KONINGS 18:13 DB (Die Boodskap)

Gedurende die veertiende jaar wat Hiskia regeer het, het koning Sanherib van Assirië Juda binnegeval en al die versterkte stede ingeneem.

2 KONINGS 18:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In die veertiende jaar van koning Hiskia het koning Sanherib van Assirië gekom en al die vestingstede van Juda aangeval en verower.