2 KONINGS 14:8
2 KONINGS 14:8 Bybel vir almal (ABA)
In daardie tyd het Amasia boodskappers gestuur na Joas seun van Joahas seun van koning Jehu van Israel. Die boodskappers moes vir Joas sê: “Kom ons maak oorlog teen mekaar.”
2 KONINGS 14:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe stuur Amásia boodskappers na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.
2 KONINGS 14:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Amasia het 'n boodskap gestuur na koning Joas van Israel, seun van Joahas, seun van Jehu: “Kom ons veg teen mekaar.”
2 KONINGS 14:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In dié tyd het Amasia boodskappers na Joas, seun van Joagas, seun van Jehu, die koning van Israel, gestuur om vir hom te sê: “Kom ons kyk mekaar in die oë. ”
2 KONINGS 14:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe stuur Amasia boodskappers na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar in die aangesig kyk.