2 KONINGS 14:27
2 KONINGS 14:27 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wou nie almal in die land Israel laat sterf nie, en Hy het vir Jerobeam seun van Joas gehelp om vir Israel te red.
2 KONINGS 14:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.
2 KONINGS 14:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het nie gesê dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitwis nie, daarom het Hy hulle deur Jerobeam seun van Joas gered.
2 KONINGS 14:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het nie te kenne gegee dat Hy Israel se naam onder die hemel sou uitwis nie, en Hy het hulle verlos deur die hand van Jerobeam, seun van Joas.
2 KONINGS 14:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het nie gesê dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie, maar Hy het hulle verlos deur die hand van Jeróbeam, die seun van Joas.