2 KONINGS 14:14
2 KONINGS 14:14 Bybel vir almal (ABA)
Joas het ook al die goud en silwer en die ander goed gevat wat hy in die tempel en in die stoorkamers van die paleis kon kry. Hy het ook gyselaars saam met hom geneem. En toe het hy teruggegaan na die stad Samaria.
2 KONINGS 14:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría.
2 KONINGS 14:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het al die goud en silwer gevat en al die ander goed wat hy in die huis van die Here en in die skatkamers van die paleis kon kry, en dit saam met gyselaars na Samaria toe gebring.