2 KONINGS 1:17
2 KONINGS 1:17 Bybel vir almal (ABA)
Koning Ahasia het gesterf soos die Here gesê het in die boodskap wat Elia gebring het. Ahasia het nie 'n seun gehad nie. Joram het toe koning geword in die plek van Ahasia, dit was in die tweede jaar nadat Joram seun van Josafat koning van Juda geword het.
2 KONINGS 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het gesterwe volgens die woord van die HERE wat Elía gespreek het; en Joram het in sy plek koning geword in die tweede jaar van Joram, die seun van Jósafat, die koning van Juda; want hy het geen seun gehad nie.
2 KONINGS 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy hét ook gesterf, in ooreenstemming met die woord van die Here wat deur Elia gekom het. Omdat Ahasia self geen kinders gehad het nie, is hy as koning opgevolg deur Joram. Dit was in die tweede regeringsjaar van koning Joram van Juda, seun van Josafat.
2 KONINGS 1:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het toe gesterf, ooreenkomstig die woord van die HERE wat Elia gespreek het. Joram, sy broer, het in sy plek koning geword, want Ahasia het nie 'n seun gehad nie. Dit het gebeur in die tweede regeringsjaar van Jehoram, seun van Josafat, koning van Juda.
2 KONINGS 1:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het gesterwe volgens die woord van die HERE wat Elia gespreek het. En Joram het in sy plek geregeer in die tweede jaar van Joram, die seun van Jósafat, die koning van Juda; want hy het geen seun gehad nie.
2 KONINGS 1:17 Die Boodskap (DB)
Hy hét toe gesterf, net soos die Here deur Elia voorspel het. Ahasia het nie ’n seun gehad nie. Daarom is hy deur sy broer Joram opgevolg. Dit was in die tweede regeringsjaar van Juda se koning Joram, die seun van Josafat.
2 KONINGS 1:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ahasia het toe gesterf net soos die HERE deur Elia aangekondig het. Omdat Ahasia nie ’n seun gehad het nie, het sy broer Joram hom opgevolg. Dit het in die tweede regeringsjaar van Joram seun van Josafat, koning van Juda, gebeur. Die ander gebeurtenisse tydens Ahasia se regering is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.