2 JOHANNES 1:7
2 JOHANNES 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie mense wat weggegaan het van ons en wat leuens vertel in die wêreld. Hulle sê hulle glo nie dat Jesus Christus regtig 'n mens was nie. Iemand wat so iets sê, lieg. Hy is die antichris.
2 JOHANNES 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
2 JOHANNES 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel.
2 JOHANNES 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want baie verleiers het in die wêreld na vore gekom – dié wat nie bely dat Jesus •Christus as mens gekom het nie. So iemand is die verleier en die Antichris.
2 JOHANNES 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom, wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is 'n bedrieër en 'n antichris.