2 JOHANNES 1:4 - Compare All Versions

2 JOHANNES 1:4 ABA (Bybel vir almal)

Ek was baie bly toe ek party van julle gelowiges ontmoet het, mense wat lewe soos die Vader wil hê. Ja, Hy het gesê ons moet so lewe.

2 JOHANNES 1:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EK was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons 'n gebod van die Vader ontvang het.

2 JOHANNES 1:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek was baie bly toe ek van jou kinders teëgekom het wat in ooreenstemming met die waarheid lewe, volgens die gebod wat ons van die Vader ontvang het.

2 JOHANNES 1:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek was baie bly dat ek van jou kinders teëgekom het wat die pad van waarheid loop, in ooreenstemming met 'n gebod wat ons van die Vader ontvang het.

2 JOHANNES 1:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in waarheid wandel, soos ons 'n gebod van die Vader ontvang het.

2 JOHANNES 1:4 DB (Die Boodskap)

Ek het van julle gemeentelede raakgeloop. Die goddelike waarheid straal sommer uit die manier waarop hulle hulle gedra. Ek kan julle nie sê hoe bly ek was nie! Dié soort lewenstyl is mos wat ons hemelse Vader van ons wil hê.

2 JOHANNES 1:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek was baie bly toe ek van jou kinders raakgeloop het wat in ’n hegte verbintenis met die waarheid leef volgens die opdrag wat ons van die Vader ontvang het.