2 KORINTIËRS 7:11
2 KORINTIËRS 7:11 Bybel vir almal (ABA)
Want julle sien self wat gebeur het toe julle hartseer was soos God wil hê: Julle het begin besef dat daar verkeerde dinge gebeur het. Julle het gesê dat julle nie regtig teen my is nie. Julle het kwaad geword vir die persoon wat vir julle laat verander het om teen my te wees. Julle was bang dat die probleem te groot sal wees om reg te maak. Julle het begin om na my te verlang. Julle was haastig om alles reg te maak tussen ons. Julle het die man gestraf wat teen my was. Ja, julle het gewys dat julle heeltemal onskuldig is hieroor.
2 KORINTIËRS 7:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God — wat 'n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.
2 KORINTIËRS 7:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk net wat die ervaring van droefheid volgens die wil van God aan julle gedoen het. Nou is daar by julle erns; meer nog, daar is verantwoording, verontwaardiging, ontsag, verlange, ywer en bestraffing van die kwaad. In elke opsig het julle bewys dat julle in hierdie saak onskuldig is.
2 KORINTIËRS 7:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want kyk nou net watter toewyding julle droefheid volgens die wil van God vir julle bewerk het: ja, watter verontskuldiging, watter verontwaardiging, watter ontsag, watter verlange, watter ywer, watter bestraffing! In elke opsig het julle getoon dat julle onskuldig is wat hierdie saak betref.
2 KORINTIËRS 7:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want kyk hierdie selfde ding, dat julle bedroef was volgens 'n goddelike soort, watter sorgsaamheid het dit in julle bewerk, ja, watter opheldering van julleself, ja, watter verontwaardiging, ja, watter vrees, ja, watter heftige begeerte, ja, watter ywer, ja, watter wraak! In alles het julle julself goedgekeur om in hierdie saak duidelik te wees.
2 KORINTIËRS 7:11 Die Boodskap (DB)
Julle was op die regte manier hartseer, soos God dit wil hê. Julle was vasbeslote om die saak met Hom reg te maak. Kyk net watter wonderlike resultate het dit opgelewer: julle is nou nog meer daarop ingestel om julle verhouding met God reg te stel. Sonde vul julle met nog groter afsku. Julle wil niks daarmee te doen hê nie. Julle het ook baie groter eerbied vir God. Julle smag daarna om God beter te ken. Julle is nog yweriger om God met julle hele lewe te dien. Julle is meer as tevore bereid om verkeerde gedrag vas te vat. Julle het duidelik gewys dat julle onskuldig is in hierdie saak tussen my en daardie man wat my voor julle almal beledig het.
2 KORINTIËRS 7:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kyk net watter entoesiastiese reaksie die belewenis van hartseer volgens die wil van God by julle meegebring het: die verantwoording, dringendheid om reg te maak, ontsag, verlange om my te sien, ondersteuning en erns om die oortreder te straf! In elke opsig het julle bewys dat julle in hierdie saak onskuldig is.