2 KORINTIËRS 5:6
2 KORINTIËRS 5:6 Bybel vir almal (ABA)
Maar ons glo en vertrou altyd. Ons weet dat ons nog nie by die Here woon terwyl ons in ons liggame woon nie.
2 KORINTIËRS 5:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.
2 KORINTIËRS 5:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie
2 KORINTIËRS 5:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom is ons altyd vol moed, al weet ons dat, terwyl ons nog in die aardse liggaam woon, ons nie by die Here woon nie
2 KORINTIËRS 5:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom is ons altyd vol vertroue, omdat ons weet dat, terwyl ons in die liggaam tuis is, ons van die Here afwesig is.