2 KORINTIËRS 5:18
2 KORINTIËRS 5:18 Bybel vir almal (ABA)
Dit is God wat al hierdie dinge gedoen het. Hy het ons met Hom versoen omdat ons aan Christus behoort. God het vir ons die werk gegee om mense met Hom te versoen.
2 KORINTIËRS 5:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het
2 KORINTIËRS 5:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.
2 KORINTIËRS 5:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het.
2 KORINTIËRS 5:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En alles is van God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en aan ons die bediening van die versoening gegee het
2 KORINTIËRS 5:18 Die Boodskap (DB)
Dit alles is God se werk. Hy het die vyandskap tussen ons en Hom uit die pad gevat toe Christus aan die kruis dood is. God het my nou in sy diens geneem om vir mense te vertel van sy versoening.