2 KORINTIËRS 5:10
2 KORINTIËRS 5:10 Bybel vir almal (ABA)
Want Christus sal ons almal eendag oordeel wanneer ons voor sy regterstoel staan. Dan sal elke persoon kry wat hy moet kry. As iemand goeie dinge gedoen het terwyl hy hier op die aarde gelewe het, dan sal hy goeie dinge kry. As iemand slegte dinge gedoen het, dan sal hy slegte dinge kry.
2 KORINTIËRS 5:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
2 KORINTIËRS 5:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.
2 KORINTIËRS 5:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons moet almal voor die regterstoel van •Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in sy liggaamlike bestaan gedoen het, of dit goed of kwaad was.
2 KORINTIËRS 5:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn; sodat elkeen kan ontvang wat in sy liggaam gedoen is volgens wat hy gedoen het, of dit goed of sleg is.