2 KORINTIËRS 3:6
2 KORINTIËRS 3:6 Bybel vir almal (ABA)
God het ons goed genoeg gemaak om die werk te kan doen, ons moet vir mense vertel van 'n nuwe verbond. 'n Mens skryf hierdie verbond nie met letters op papier nie, nee, die Heilige Gees skryf dit. Letters op papier bring die dood, maar die Gees laat mense lewe.
2 KORINTIËRS 3:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
2 KORINTIËRS 3:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.
2 KORINTIËRS 3:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het ons bekwaam gemaak om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees – nie van die letter nie, maar van die Gees. Want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend.
2 KORINTIËRS 3:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat ons ook bekwame bedienaars van die nuwe testament gemaak het; nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
2 KORINTIËRS 3:6 Die Boodskap (DB)
Ek moet vir mense gaan vertel van die nuwe ooreenkoms wat God tussen Hom en ons almal tot stand gebring het. Hierdie ooreenkoms is nie met pen en papier geskryf nie. Nee, luister mooi: dit is deur die Gees in ons lewe oorgeskryf. ’n Ooreenkoms op papier bring in elk geval niks anders as die dood nie. Maar die Gees gee vir altyd lewe. Kom ek verduidelik met ’n voorbeeld wat ek bedoel.