2 KORINTIËRS 3:17-18
2 KORINTIËRS 3:17-18 Bybel vir almal (ABA)
“Die Here” beteken hier “die Gees.” Waar die Gees van die Here werk, daar is 'n mens vry. Daar is nie meer 'n sluier oor ons gesig nie, ons kan sien dat die Here Jesus die Koning is, en dit is wonderlik. Die Here, die Gees, laat wonderlike dinge ook met ons gebeur, sodat ons meer en meer soos konings word, en soos die Here Jesus kan wees.
2 KORINTIËRS 3:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
2 KORINTIËRS 3:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
2 KORINTIËRS 3:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En ons almal, terwyl ons met ontsluierde gesig die heerlikheid van die Here aanskou, soos in 'n spieël, word na dieselfde beeld verander, van heerlikheid tot heerlikheid, soos afkomstig van die Here, die Gees.
2 KORINTIËRS 3:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is die Here daardie Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. Maar ons almal, terwyl ons met oop aangesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word verander na dieselfde beeld van heerlikheid tot heerlikheid, soos deur die Gees van die Here.
2 KORINTIËRS 3:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.