2 KORINTIËRS 2:17
2 KORINTIËRS 2:17 Bybel vir almal (ABA)
Want ons is nie soos baie ander mense wat die boodskap van God bring om geld te kry nie. Nee, wanneer ons preek, dan is ons eerlik. Want God het ons gestuur, ons weet dat Hy ons altyd kan sien, en ons behoort aan Christus.
2 KORINTIËRS 2:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.
2 KORINTIËRS 2:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons, omdat ons nie is soos baie ander wat geld maak uit die woord van God nie. Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God.
2 KORINTIËRS 2:17 Die Boodskap (DB)
Natuurlik is dit ’n groot verantwoordelikheid om Christus se aroma in hierdie wêreld te wees. Ek weet dat ek sy aroma is. “Hoe?” vra julle. Want ek probeer nie geld maak uit die woord van God soos party ander mense nie. Ek is eerlik en opreg. Omdat ek deur God self aangestel is en aan Christus behoort, kom alles wat ek sê van God af. Niks wat ek doen, steek ek ooit vir God weg nie.