2 KORINTIËRS 13:3
2 KORINTIËRS 13:3 Bybel vir almal (ABA)
Julle wil hê ek moet bewys dat Christus vir my gebruik om met julle te praat. Die bewys is: Christus het self vir julle gewys dat Hy nie swak is nie. Hy het vir julle gewys dat Hy baie krag het.
2 KORINTIËRS 13:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aangesien julle 'n bewys soek van Christus wat in my spreek, en Hy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.
2 KORINTIËRS 13:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle soek mos 'n bewys dat Christus deur my praat. Hy tree nie swak op teenoor julle nie, maar bewys sy krag onder julle
2 KORINTIËRS 13:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle soek immers 'n bewys dat dit •Christus is wat deur my praat. Hy is nie swak teenoor julle nie, maar is kragtig onder julle.
2 KORINTIËRS 13:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat julle 'n bewys soek van Christus wat in my spreek, wat vir julle nie swak is nie, maar kragtig is in julle.