2 KORINTIËRS 12:20
2 KORINTIËRS 12:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek is bang dat wanneer ek kom, ek julle nie so sal aantref soos ek julle graag wil hê nie, en dat ek ook nie deur julle so aangetref sal word soos julle my graag sal wil hê nie. Ek is veral bang vir twis, naywer, botsings, selfsugtige ambisie, kwaadstokery, geskinder, verwaandheid en wanordelikheid.
2 KORINTIËRS 12:20 Bybel vir almal (ABA)
Ek is bang dat wanneer ek by julle kom, dan sal julle nie wees soos ek graag wil hê julle moet wees nie. En miskien is ék ook nie soos julle graag wil hê ek moet wees nie. Miskien haat julle ander mense, miskien stry julle met almal, miskien maak julle mense kwaad vir mekaar, miskien maak julle mense vyande van mekaar, miskien beledig julle mekaar, miskien skinder julle van mekaar, miskien dink die een mens hy is beter as die ander mens, of miskien maak julle probleme.
2 KORINTIËRS 12:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal vind soos ek wens nie, en dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens nie — dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeldheid, kwaadsprekery, nuusdraery, verwaandheid, wanordelikheid
2 KORINTIËRS 12:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is bang dat, wanneer ek kom, ek julle miskien nie sal vind soos ek dit graag wil hê nie, en dat julle my ook nie sal vind soos julle dit graag wil hê nie. Ek is bang vir twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpratery, nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid.
2 KORINTIËRS 12:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek is bevrees dat as ek kom, ek julle miskien nie sal vind soos ek graag wil nie, en ek deur julle bevind sal word soos julle graag wil nie; dat daar miskien onenigheid, jaloesie, woede-uitbarstings, selfsug, kwaadpratery, geskinder, verwaandheid en wanordelikheid sal wees
2 KORINTIËRS 12:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek vrees dat ek julle, as ek kom, julle nie sal vind soos ek wil nie, en dat ek vir julle gevind sal word soos julle nie wou nie, rumoer
2 KORINTIËRS 12:20 Die Boodskap (DB)
Ek is bekommerd dat my volgende besoek aan julle dalk nie so goed sal afloop as wat ek hoop nie. Ek is bang dat wanneer ek in Korinte aankom, ek sal agterkom dat julle nie leef soos volgelinge van Christus behoort te leef nie. Ja, en miskien is julle dan ook teleurgesteld in my omdat ek nie voldoen aan julle verwagtings van hoe ’n apostel moet optree nie. Dan is al ons harde werk daarmee heen. ’n Groot gestry, jaloesie, die een argument op die ander, verdeeldheid, ’n rugstekery, skinderveldtogte, hoogmoed en chaos sal dan die enigste gevolge van so ’n slegte ontmoeting tussen my en julle wees.