2 KORINTIËRS 12:18
2 KORINTIËRS 12:18 Bybel vir almal (ABA)
Julle onthou dat ek vir Titus gevra het om na julle toe te kom. Ek het ook iemand anders saamgestuur, iemand wat saam met ons werk. Julle weet dat Titus julle nie bedrieg het nie. En ek dink soos Titus en ek doen dieselfde wat hy doen.
2 KORINTIËRS 12:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?
2 KORINTIËRS 12:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir Titus gevra om na julle toe te gaan en die ander broer saamgestuur. Het Titus homself dan geldelik bevoordeel ten koste van julle? Handel hy en ek nie in dieselfde gees nie, en loop ons nie in dieselfde spore nie?
2 KORINTIËRS 12:18 Die Boodskap (DB)
Om seker te maak dat alles reg verloop, het ek juis vir Titus en die verteenwoordiger van al die gemeentes na julle toe gestuur. Het hulle julle dalk te kort gedoen? Natuurlik nie! Net soos hulle het ek julle ook nie probeer verkul nie. Ons drie praat immers dieselfde taal.