2 KORINTIËRS 12:14
2 KORINTIËRS 12:14 Bybel vir almal (ABA)
Dit is nou die derde maal dat ek na julle toe sal kom. Ek sal nie vir julle geld vra vir myself nie. Ek wil nie julle geld hê nie, ek wil vir júlle hê. Julle weet hoe die lewe is: Dit is nie die kinders wat vir die ouers geld moet spaar nie, nee, dit is die ouers wat vir die kinders geld moet spaar.
2 KORINTIËRS 12:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.
2 KORINTIËRS 12:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is nou die derde keer dat ek gereed is om na julle toe te kom, en ek sal nie vir julle 'n las wees nie: ek soek nie julle geld nie, maar vir julle. Dit is immers nie die kinders wat vir die ouers sorg nie, maar die ouers vir die kinders.
2 KORINTIËRS 12:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, dit is nou die derde keer dat ek gereed is om na julle te kom. En ek sal nie 'n geldelike oorlas wees nie, want ek soek nie julle besittings nie, maar vir julle. Dit is nie die kinders wat moet spaar vir die ouers nie, maar die ouers vir die kinders.
2 KORINTIËRS 12:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal vir julle nie 'n las wees nie, want ek soek nie julle s'n nie, maar julle; want die kinders behoort nie vir die ouers op te lê nie, maar die ouers vir die kinders.
2 KORINTIËRS 12:14 Die Boodskap (DB)
Ek staan nou op die punt om julle ’n derde maal te kom besoek. Maar moenie bekommerd wees nie. Ek is nie van plan om hierdie keer julle geld te kom vat nie. Ek wil niks van julle hê nie, behalwe natuurlik dat julle voluit vir die Here moet lewe. Dit is immers my plig as julle pa in die geloof om te sorg dat julle reg lewe. En soos ’n goeie pa moet ek ook sorg dat julle ’n groot geestelike erfporsie het.