2 KORINTIËRS 10:12
2 KORINTIËRS 10:12 Bybel vir almal (ABA)
Ons sal nooit dink dat ons so goed is soos party mense in die gemeente nie, mense wat wil hê dat ons vir hulle moet glo. Hierdie mense kyk net na hulleself en dan dink hulle dat hulle goed is. En daarom verstaan hulle niks.
2 KORINTIËRS 10:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
2 KORINTIËRS 10:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so 'n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself met hulleself.
2 KORINTIËRS 10:12 Die Boodskap (DB)
Nou ja, ek sal dit nie waag om my te vergelyk met daardie mense wat nou by julle preek en wat so baie oor hulle eie prestasies spog nie. Hulle dink geloof is ’n geestelike kompetisie. Daarom vergelyk hulle hulle gedurig met mekaar om te kyk wie is die beste gelowiges. Dit is dom. Ek sal nooit waag om so iets te doen nie.