2 KRONIEKE 36:19
2 KRONIEKE 36:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het hulle die tempel afgebrand, die muur van Jerusalem afgebreek, al die beste huise afgebrand en alles wat van waarde was, verwoes.
2 KRONIEKE 36:19 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het die tempel afgebrand en hulle het die muur van die stad Jerusalem afgebreek. Hulle het die mooi huise afgebrand en hulle het alles verwoes wat kosbaar is.
2 KRONIEKE 36:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.
2 KRONIEKE 36:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het die huis van God afgebrand, die stadsmure van Jerusalem afgebreek, al die stad se vestings verbrand en so alle kosbare voorwerpe daarin vernietig.
2 KRONIEKE 36:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem afgebreek en al die paleise daarvan met vuur verbrand en al sy mooi voorwerpe vernietig.