2 KRONIEKE 31:20-21 - Compare All Versions

2 KRONIEKE 31:20-21 AFR83 (Afrikaans 1983)

So het Hiskia dwarsdeur Juda gedoen. Hy het gedoen wat goed en reg en eerbaar is in die oë van die Here sy God. In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die tempeldiens en die gehoorsaamheid aan wet en gebod, het hy met sy hele hart gevra na die wil van sy God, en daarom was hy voorspoedig.

2 KRONIEKE 31:20-21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die HERE sy God. En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.

2 KRONIEKE 31:20-21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Op hierdie manier het koning Hiskia oral in Juda gedoen wat goed en reg was vir die HERE sy God. In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die diens in die tempel van God, en sy gehoorsaamheid aan die gebooie en bevele, het Hiskia met sy hele hart sy God gedien. Daarom was hy baie suksesvol.

2 KRONIEKE 31:20-21 DB (Die Boodskap)

Koning Hiskia se verspreiding van die tempelbydraes deur die hele Judea het die Here sy God tevrede gestel. Hiskia het baie moeite vir die tempel van God gedoen en het met oorgawe die Here se wet en opdragte probeer uitvoer. Daarom was hy baie suksesvol.

2 KRONIEKE 31:20-21 ABA (Bybel vir almal)

Hiskia het gesê hulle moet dit in die hele land Juda doen. Hy het aangehou om goeie dinge te doen. Hy het die regte dinge gedoen waarvan sy God die Here hou. Hy het alles met sy hele hart gedoen, alles wat hy wou doen om sy God te dien, om die werk by die tempel te doen en om gehoorsaam te wees aan die wette en gebooie van sy God. En dit het goed gegaan met Hiskia.

2 KRONIEKE 31:20-21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op hierdie manier het Hiskia dit gereël deur die hele Juda. Hy het gedoen wat goed, reg en eerbaar was voor die HERE sy God. Elke taak wat hy aangepak het in verband met die diens in die huis van God en in verband met die wette en gebooie, was daarop gerig om sy God se wil te soek. Met sy hele hart het hy dit gedoen, en hy was suksesvol.

2 KRONIEKE 31:20-21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En so het Hiskía gedoen in die hele Juda en gedoen wat goed en reg en waar was voor die aangesig van die HERE sy God. En in elke werk wat hy begin het in die diens van die huis van God en in die wet en in die gebooie, om sy God te soek, het hy dit met sy hele hart gedoen en voorspoedig gegaan.