2 KRONIEKE 20:15
2 KRONIEKE 20:15 Bybel vir almal (ABA)
en hy het gesê: “Luister, al julle mense van Juda, en julle wat in Jerusalem woon, en koning Josafat. Die Here sê vir julle: Julle moenie bekommerd wees nie, julle moenie bang wees vir hierdie klomp vyande nie, want dit is nie julle oorlog nie, dit is God se oorlog.
2 KRONIEKE 20:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
2 KRONIEKE 20:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.
2 KRONIEKE 20:15 Die Boodskap (DB)
Jagasiël het vir die vergadering gesê: “Luister na my, al julle Judeërs en inwoners van Jerusalem! U ook, koning Josafat, luister wat ek te sê het, want die boodskap kom van die Here af. Hy sê: ‘Moenie bang wees of vir die groot leër terugdeins nie. Hierdie geveg is nie júlle probleem nie. Dit is ’n saak wat God self sal uitstryk.