2 KRONIEKE 18:1 - Compare All Versions

2 KRONIEKE 18:1 ABA (Bybel vir almal)

Koning Josafat was baie ryk, en almal het hom gerespekteer. Sy seun was getroud met 'n dogter van koning Agab.

2 KRONIEKE 18:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN toe Jósafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.

2 KRONIEKE 18:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy 'n huwelik tussen 'n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.

2 KRONIEKE 18:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Josafat het rykdom en aansien in oorvloed verwerf, en toe het hy Agab se aangetroude familie geword.

2 KRONIEKE 18:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Josafat het rykdom en eer in oorvloed gehad, en het 'n band met Agab aangesluit.

2 KRONIEKE 18:1 DB (Die Boodskap)

Josafat was baie ryk en belangrik. Later is sy seun met Agab, die koning van Israel, se dogter getroud.

2 KRONIEKE 18:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Josafat het baie rykdom besit en het groot agting geniet. Hy het gereël dat sy seun trou met ’n familielid van koning Agab.