2 KRONIEKE 1:1
2 KRONIEKE 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.
2 KRONIEKE 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Salomo seun van Dawid het koning geword en hy het seker gemaak dat hy koning sal bly. Sy God die Here was by hom. Die Here het hom 'n baie belangrike koning laat word.
2 KRONIEKE 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Salomo seun van Dawid het 'n stewige houvas op sy koningskap gekry. Die Here sy God was by hom en het hom groot mag gegee.
2 KRONIEKE 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salomo, die seun van Dawid, het sy mag oor sy koninkryk versterk. Die HERE sy God was met hom, en Hy het hom buitengewone aansien gegee.
2 KRONIEKE 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koninkryk, en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.