1 TIMOTEUS 6:2
1 TIMOTEUS 6:2 Bybel vir almal (ABA)
Maar party slawe se eienaars glo in Christus, en daardie slawe moenie dink dat hulle eienaars onbelangrik is omdat die eienaars ook gelowiges is soos die slawe nie. Nee, daardie slawe moet nóg harder werk, want hulle werk vir mense wat ook in Christus glo, en God is lief vir daardie mense. Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die mense te leer. Jy moet sê dat hulle dit moet doen.
1 TIMOTEUS 6:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.
1 TIMOTEUS 6:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Slawe wat gelowige eienaars het, moet aan hulle nie minder eerbied betoon omdat hulle saam broers is nie. Hulle moet hulle eerder beter dien omdat dié wat uit hulle werk voordeel trek, met hulle een is in geloof en liefde. Hierdie dinge moet jy aan die mense leer en dit by hulle inskerp.
1 TIMOTEUS 6:2 Die Boodskap (DB)
As die baas ook ’n Christen is, moet die slaaf nie dink dat hy die baas met minder respek hoef te behandel omdat hulle saam aan God se geestelike familie behoort nie. Christenslawe moet eerder nog beter werk, want hulle werk vir mede-Christene vir wie hulle lief is. Wat hulle doen, is mos tot ’n ander Christen se voordeel. Al hierdie dinge moet jy vir mense leer en hulle motiveer om dit te doen.
1 TIMOTEUS 6:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As jou eienaar ’n mede-Christen is, is die feit dat julle geloofsbroers is, geen verskoning om oneerbiedig op te tree nie. Julle behoort dan selfs harder te werk, want dan is dit gelowiges en geliefdes wat uit julle kwaliteitwerk voordeel trek. Onderrig hierdie waarhede, Timoteus, en moedig almal aan om dit te gehoorsaam.