1 TIMOTEUS 4:1-2
1 TIMOTEUS 4:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na bose geeste wat vir hulle verlei, en hulle doen dinge wat duiwels vir hulle leer. Die mense wat daardie dinge vir die gelowiges leer, is skynheilig en hulle vertel leuens. Hulle wil nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie.
1 TIMOTEUS 4:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete
1 TIMOTEUS 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is.
1 TIMOTEUS 4:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste dae sommige mense van die geloof afvallig sal word, omdat hulle hulle ophou met dwaalgeeste en die leringe van demone. Hulle word beïnvloed deur die skynheiligheid van leuenaars, wie se gewete toegeskroei is.
1 TIMOTEUS 4:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Gees spreek uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof sal afvallig word en ag gee op verleidende geeste en leringe van duiwels; Spreek lê in skynheiligheid; dat hulle gewete met 'n warm yster geskroei word
1 TIMOTEUS 4:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Heilige Gees het baie duidelik gesê dat in die tyd voor die Here weer kom party mense niks meer met geloof te doen sal wil hê nie. Hulle sal eerder agter geeste aanhardloop wat hulle op verkeerde paaie lei en sal gretig luister na wat demone vir hulle vertel. Dit sal gebeur wanneer hulle hulle ore uitleen aan mense wat kamma goed is, maar eintlik almal kul en vir almal lieg. Hierdie mense sal nie eens omgee om hulle op allerhande verkeerde paaie te lei nie, want hulle het geen gewete meer oor nie. Hulle sal nie eens sleg voel oor al die godsdienstige onsin wat hulle verkoop nie.
1 TIMOTEUS 4:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Heilige Gees leer ons duidelik dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom. Hierdie dwaalleraars is skynheiliges en leuenaars. Hulle gee voor om godsdienstig te wees, maar hulle gewete is dood.