1 SAMUEL 9:24
1 SAMUEL 9:24 Bybel vir almal (ABA)
Die kok het die boud vleis gebring en hy het dit voor Samuel neergesit. Samuel het vir Saul gesê: “Kyk, ons het hierdie vleis apart gehou, ek sit dit voor jou neer. Jy moet dit eet, want ons het dit vir jou gebêre sodat jy dit vandag saam met die gaste kan eet.” Saul het toe daardie dag saam met Samuel geëet.
1 SAMUEL 9:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met Samuel geëet.
1 SAMUEL 9:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die kok het die boud vleis gevat en voor Saul neergesit, en Samuel het vir hom gesê: “Dit is wat uitgehou is. Eet wat voor jou neergesit is, want vir hierdie geleentheid is dit vir jou gebêre toe ek die mense genooi het.” So het Saul dan daardie dag saam met Samuel geëet.